Die besonderhede
Wat om te verwag
Kom net soos jy is
Jou Nuwe Begin is ’n aand van aanbidding, hoop en ’n boodskap wat jou sal bemoedig en nader aan God sal bring.
Of jy deur ’n moeilike tyd gaan, antwoorde soek, of eenvoudig net meer van God wil beleef, is hierdie aand vir jou. Almal is welkom, ongeag jou ouderdom of agtergrond.
Bring jouself, jou familie, jou vriende en jou kampstoel saam en kom geniet ’n aand in God se teenwoordigheid.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.
Jou Nuwe Begin Krugersdorp
18 September 2026
Kom beleef ’n aand van aanbidding, die Woord van God en Sy teenwoordigheid. Johandre Potgieter bring die boodskap en Heinz Winckler lei die aanbidding.
Johandre Potgieter
Evangelis
Heinz Winckler
Sang en aanbidding
Vorige aande
’n Aand wat lewens raak
Jou Nuwe Begin het reeds duisende mense in verskeie dorpe en stede bymekaargebring. By elke geleentheid het mense hoop gevind, God ontmoet en lewensverandering beleef.





Word deel van die missie
Help ons om meer mense te bereik
Jou Nuwe Begin is gratis sodat elkeen die geleentheid kan hê om dit by te woon. As jy graag wil help om aande soos hierdie moontlik te maak, nooi ons jou uit om ’n bydrae te maak. Elke bydrae, groot of klein, help ons om nog meer mense met die hoop van Jesus Christus te bereik.
Praktiese besonderhede
Alles wat jy moet weet
Bring gerus jou kampstoel saam. Die deure open om 17:00 en die aand begin om 19:00. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.
Syringa Park, Avianto Estate
Registreer
Bevestig jou plek
Registrasie is gratis en neem minder as ’n minuut. Vul jou besonderhede hieronder in sodat ons vir jou alle belangrike inligting voor die geleentheid kan stuur.