Die besonderhede
Wat om te verwag
Kom net soos jy is
Jou Nuwe Begin is ’n aand van lofprysing, aanbidding en die Woord van God. ’n Aand gevul met hoop, bemoediging en die geleentheid om saam met duisende mense bymekaar te kom.
Bring jou familie en vriende saam. Almal is welkom!
Jou Nuwe Begin Langebaan
27 Desember 2026
Wees deel van ’n lewensveranderende aand saam met Johandre Potgieter en Heinz Winckler. Kom met ’n hart vol verwagting vir ’n kragtige aand van lofprysing, aanbidding en die Woord van God!
Johandre Potgieter
Evangelis
Heinz Winckler
Sanger
Vorige byeenkomste
’n Byeenkoms wat lewens raak
Jou Nuwe Begin het reeds duisende mense in dorpe en stede regoor Suid-Afrika bymekaargebring. Elke byeenkoms is ’n geleentheid om die Evangelie te verkondig en mense nader aan God te bring. Nou is Langebaan aan die beurt.





Word deel van die missie
Help ons om meer mense te bereik
Jou Nuwe Begin is gratis en oop vir almal. Deur die ondersteuning van mense wat in hierdie visie glo, kan ons voortgaan om die Evangelie na verskillende areas regoor Suid-Afrika te neem. Elke bydrae help om hierdie byeenkomste moontlik te maak.
Praktiese besonderhede
Alles wat jy moet weet
Hier vind jy die belangrike besonderhede vir die Langebaan-byeenkoms. Ons stuur verdere praktiese inligting, insluitend toegang- en parkeerreëlings, nader aan die geleentheid per WhatsApp en e-pos.
Registreer
Bevestig jou plek
Registreer gratis om jou plek by Jou Nuwe Begin Langebaan te bevestig. Ons sien daarna uit om hierdie besondere aand saam met jou te beleef.