Die besonderhede
Wat om te verwag
Kom net soos jy is
Jou Nuwe Begin is ’n aand van aanbidding, hoop en lewensveranderende prediking deur evangelis Johandre Potgieter.
Soek jy rigting? Dra jy aan iets swaars? Of is jy net nuuskierig oor God? Dan is hierdie aand vir jou. Almal is welkom, oud of jonk, maak nie saak waar jy vandaan kom nie.
Jy hoef niks saam te bring nie en niks vooraf te betaal nie.
18 September 2026
Johandre Potgieter & Heinz Winckler
Johandre bring die boodskap. Heinz lei die sang en aanbidding.
Johandre Potgieter
Evangelis
Heinz Winckler
Sang en aanbidding
Vorige aande
Dis nie ons eerste aand nie
Jou Nuwe Begin was al in Oudtshoorn, Hartenbos en Klerksdorp. Elke keer was die plek vol, en mense het anders huis toe gegaan as wat hulle gekom het.





Saai ’n saad
Wil jy ’n saad saai in Jou Nuwe Begin?
Die aand is gratis en bly gratis. As jy wil help om aande soos hierdie moontlik te maak, kan jy hier ’n saad saai. Elke bydrae, groot of klein, maak ’n verskil.
Praktiese besonderhede
So kom jy by ons uit
Kom gerus vroeg as jy graag naby wil sit. Die deure maak om 17:00 oop en die aand begin om 19:00.
Syringa Park, Avianto Estate
Registreer
Sê net jy kom
Dis gratis en vat skaars ’n minuut. Ons vra net jou besonderhede sodat ons vir jou die praktiese inligting kan stuur en jou kan laat weet as iets verander.